Skip to main content

Department of Cultural Affairs & Sport

WCG logo

Wes-Kaapse Minister van Kultuursake en Sport, Anroux Marais, oproep om Kultuursake-toekennings Benoemings

Good day, goeiedag, molweni nonke

Dis vir my ’n groot voorreg en plesier om die benoemings vir die 2016/17 Kultuursake- toekennings vandag amptelik bekend te maak.

In 'n tyd waar ons gekonfronteer word met 'n klimaat van protes, kulturele verskille en negatiewe nuus, moet die viering van kulturele prestasies ’n meganisme word vir die bevordering van wedersydse begrip en respek vir unieke agtergronde. Dis waarom ons so opgewonde is oor die 2016/17-tema: Aanvaar Kulturele integrering.

Ons verskillende maatskaplike agtergronde, oortuigings, tradisies, moedertale en sosio-ekonomiese status is die belangrike eienskappe wat ons uniek en geloofwaardig maak. Ons identiteit het verskillende betekenisse vir verskillende mense, maar ons het sekere dinge gemeen wat ons aan mekaar verbind. Verdraagsaamheid moet die “goue reël” wees wat ons verenig.

Die aanloop tot hierdie baie belangrike toekenningsgeleentheid en die geleentheid self sal genomineerdes, gaste, belanghebbendes en sosiale media volgelinge oorweldig met 'n gevoel van trots in hul historiese, tradisionele en taalerfenis. Hierdie benadering sal 'n gesonde openbare stemming vestig en die bou van 'n sosiaal inklusiewe, kreatiewe, aktiewe en gekonnekteerde Wes-Kaap aanmoedig.

Die toekennings bied aan ons die geleentheid om die diversiteit van die kulturele landskap van die Wes-Kaap met trots ten toon te stel. Ons kultuur definieer ons identiteit, selfs al het dit verskillende betekenisse vir verskillende mense; dit is 'n belangrike deel van ons erfenis wat oor baie geslagte heen oorgedra is. Die Wes-Kaap sou nie dieselfde sonder ons unieke kultuur wees nie en daarom vier ons dit deur erkenning te verleen aan diegene wat dit laat voortleef.

Die Departement van Kultuursake en Sport moedig almal aan om voort te gaan om op vryheid en demokrasie te bou deur die viering van mekaar se sukses in die Wes-Kaapse kunste, kultuur, taal, erfenis, museums, argiewe, geografiese name en biblioteek-dienste. Die Kultuursake-toekennings bied aan die mense van die Wes-Kaap die geleentheid om talent te erken in hul diverse kulturele landskappe. Genomineerdes moet baie vaardig wees met die oorbrugging van diversiteit en die koestering en instandhouding van verdraagsaamheid sodat ons ons verskille verstaan en respekteer en kulturele integrering aanvaar. Op hierdie wyse bied ons aan die mense van die Wes-Kaap die geleentheid om talent in hul diverse kulturele landskappe te ontdek en te erken.

Ek doen 'n beroep op almal vandag hier teenwoordig om die boodskap aan die mense in ons gemeenskappe oor te dra om in die volgende kategorieë te nomineer:

Kuns en Kultuur

1.         Bydrae tot visuele kunste, insluitend Openbare Kuns.

2.         Bydrae tot uitvoerende kunste

4.         Bydrae to Literêre Kunste (insluitend digkuns, prosa en toneel).

5.         Bydrae tot kunsvlyt en/of ontwerp.

7.         Bydrae tot die behoud van kultuuraktiwiteite.

8.         Bydrae tot die kunste deur persoon met gestremdheid.

Taal

1.         Neville Alexander-toekenning vir die  Bevordering van Veeltaligheid.

2.         Beste bydrae tot die bevordering van Suid-Afrikaanse Gebaretaal of die gemarginaliseerde inheemse tale van die Wes-Kaap.

3.         Beste bydrae tot taalontwikkeling.

Erfenis

1.         Beste Erfenisprojek.

2.         Beste erfenis-impakassessering of Erfenisverslag.

3.         Mees aktiewe en objektiewe bewaringsliggaam, vrywilliger of munisipaliteit.

Geografiese Name

Beste bydrae tot die standaardisering en/of openbare bewustheid van Geografiese Name

Museums

1.         Beste Museum in die Wes-Kaap.

2.         Mees innoverende nuwe museumprojek.

3.         Mees toegewyde museumvrywilliger.

4.         Beste bydrae tot die behoud van Plaaslike Erfenis.

Biblioteke

1.         Beste openbare biblioteek: Kinderdienste

2.         Beste openbare biblioteek: Jeugdienste

3.         Beste klein openbare biblioteek (1 tot 3 personeellede)

4.         Beste medium openbare biblioteek (4 tot 8 personeellede)

5.         Beste groot openbare biblioteek (9 of meer personeellede)

Argief

1.         Argief Steunwerwing–toekenning

2.         Mees invloedryke persoon in rekordbestuur

3.         Opkomende leier in argief- en rekordbestuur

4.         Beste bydraer tot argivale erfenis

 

En dan natuurlik die Minister se Spesiale Toekennings:

1.         Uitsonderlike prestasie van vroue op die Kuns en Kultuur-, Taal-, Erfenis-, Geografiese Name-, Museum-, Biblioteek- of Argiefgebiede.

2.         Uitsonderlike prestasie van jeug op die Kuns en Kultuur-, Taal-, Erfenis-, Geografiese Name-, Museum-, Biblioteek- of Argiefgebiede.

3.         Lewensprestasie op die Kuns en Kultuur-, Taal-, Erfenis-, Geografiese Name-, Museum-, Biblioteek- of Argiefgebiede.

4.         Nasionale en internasionale bydrae op die Kuns en Kultuur-, Taal-, Erfenis-, Geografiese Name-, Museum-, Biblioteek- of Argiefgebiede.

Benoemingsvorms is beskikbaar by https://www.westerncape.gov.za/cas

Ek vertrou dat benoemings binnekort gaan instroom, want dis belangrik om die suksesse in die Kuns- en Kultuursektore te vier.

Media navrae: 

Stacy McLean
Woordvoerder vir Minister Anroux Marais
E-pos: Stacy.McLean@westerncape.gov.za
Tel: 021 483 4426
Sel: 083 504 1171

 

Speech Location
Cape Town
Minister of Cultural Affairs and Sport: Anroux Marais